Kenteken - Feesjaar 95

Kenteken - Feesjaar 95

Gewone prys
R 16.50
Verkoopsprys
R 16.50
Gewone prys
Uitverkoop
Eenheidsprys
per 
Belasting is ingesluit

2026 is Die Voortrekkers 95 Jaar oud

Aanlynbestelling van hierdie kenteken kan 'n moontlike wagtyd tot gevolg hê.

Volwasse lede se Feesjaarkenteken en COVID-19 kenteken tien (10) mm word onderkant die getroue diens kentekens vasgewerk, en word aangebring in die volgorde soos dit ontvang is.

Volgorde:  middel, knopekant, sykant.

Indien al die Feesjaarkentekens en COVID-19 kenteken gedra word, dan word hul tien (10) mm uit mekaar gedra.

Penkoppe en Drawwertjies se Feesjaarkenteken en die COVID-19 kenteken word by hulle spesialisasiekentekens vasgewerk. Die volgorde waarin dit aangewerk word, word bepaal deur die volgorde wanneer dit ontvang is.

Verkenners se Feesjaarkenteken en COVID-19 kenteken word by hulle spesialisasiekentekens vasgewerk. Wanneer ‘n graad 7 Penkop of Drawwertjie ‘n Verkenner word, word die COVID-19 kenteken oorgedra as die tweede kenteken naas die Dagbreek-graadwiel. Indien ‘n Feesjaarkenteken ook hier ter sprake is, word die COVID-19 kenteken as die derde kenteken opgewerk (dus, volgens die volgorde van wanneer dit ontvang is).

Afrikaans