Baie welkom by die aanlynwinkel van Die Voortrekkers

WINKEL AFDELINGS

Wie is Die Voortrekkers?

Die Voortrekkers is ’n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe Burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees in hulle roeping tot diens.

Wat doen Die Voortrekkers?

Die Voortrekkers is ’n plek waar jeuglede kultuur in die natuur deur avontuur geniet. Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het, rigting met sterre te vind of sommer net laataand om ’n kampvuur te kuier?