Wie is ons

Baie welkom by Die Voriemôl - Die Voortrekkers se eie Afrikaanse kultuurwinkel in Pretoria. Hier sal jy uitstekende diens van ons omgee-personeel kry.  

Die eerste Voortrekkerwinkel (depot) is in 1948 in die motorhuis van die Provinsiesekretaris, oom Badie Badenhorst, begin. Tydens die Tweede Wêreldoorlog, van 1939 tot 1945, was dit besonder moeilik om uniforms van oorsee te kry. Die Hoofbestuur het toe besluit dat Die Voortrekkers self verantwoordelikheid moet neem om drag aan sy lede te verskaf, veral omdat die pryse in Suid-Afrika goedkoper was. Met tyd het die verskaffing van Voortrekkerdrag tot ’n voltydse onderneming gegroei.

Vandag spog ons met Die Voriemôl wat pronk as jou eie kultuurwinkel. Ons voldoen aan al Die Voortrekkers se verskillende behoeftes i.t.v. kentekens, klere en kampbenodigdhede.  

Ons is ook dié eenstop-geskenkwinkel waar jy oulike produkte, wat wissel van tafelversierings tot ketties, sal vind. Koop gerus aanlyn, ons afleweringsdienste is internasionaal beskikbaar.

Afrikaans