Uitverkoping! Uitverkoping! Uitverkoping!

Kenteken - Feesjaar 85

Kenteken - Feesjaar 85

Gewone prys
R 12.50
Verkoopsprys
R 12.50
Gewone prys
Uitverkoop
Eenheidsprys
per 
Belasting is ingesluit

Volwasse lede se Feesjaarkenteken en COVID-19 kenteken word onderkant die getroue diens kentekens vasgewerk, en word aangebring in die volgorde soos dit ontvang is.

Volgorde:  middel, knopekant, sykant.

Indien al die Feesjaarkentekens en COVID-19 kenteken gedra word, word hul 10 mm uit mekaar gedra.

Penkoppe en Drawwertjies se Feesjaarkenteken en die COVID-19 kenteken word by hulle spesialisasiekentekens vasgewerk. Die volgorde waarin dit aangewerk word, word bepaal deur die volgorde wanneer dit ontvang is.

Verkenners se Feesjaarkenteken en COVID-19 kenteken word by hulle spesialisasiekentekens vasgewerk.

Wanneer ‘n graad 7 Penkop of Drawwertjie ‘n Verkenner word, word die COVID-19 kenteken oorgedra as die tweede kenteken naas die Dagbreek-graadwiel. Indien ‘n Feesjaarkenteken ook hier ter sprake is, word die COVID-19 kenteken as die derde kenteken opgewerk (dus, volgens die volgorde van wanneer dit ontvang is).

 

Afrikaans