Hier is dit uiteindelik – ’n Bybelse bordspeletjie vir die hele gesin en dit boonop in Afrikaans! Voetspore van Israel lei spelers op ’n Bybelse avontuur deur die woestyn. Volg in die voetspore van die antieke Israeliete vanaf die uittog uit Egipte, deur 13 stoppe tot in Jerusalem in die Beloofde Land. Dié speletjie is geskik vir oud én jonk. Leer hiermee meer oor hoe God sy volk toe én vandag nog lei.