Idio-speletjie

Hoe werk hierdie plesierige idiomespel? Op oranje blokkies neem jy ‘n kaartjie uit die “vele hande” boksie en doen ‘n span-aktiwiteit: óf jy moet die idioom vir jou spanmaats mimiek (geluide toegelaat!) óf jy moet dit teken binne ‘n tydsbeperking van 2 minute. Verbeel jou byvoorbeeld jy beduie dat jy nie ‘n gegewe perd in die bek moet kyk nie, of probeer teken hoe agter-os ook in die kraal kom… uit-die-maag-lag is gewaarborg! As die span op ‘n groen blokkie land, word ‘n kaartjie deur die ander span uit die “op eie houtjie” boksie gehaal – hulle lees dan vir jou die vraag op die kaartjie. Jy moet die regte antwoord uit 3 opsies kies of die idioom voltooi. Sit ‘n leerling byvoorbeeld aan die voete van Gamaliёl, Metusaleg of Nebukadneser? En waarin word ‘n stuiwer gegooi as jy iets te sê het oor ‘n onderwerp? Tydens elke aktiwiteit moet spelers ook die betekenis van die idioom probeer reg kry – sodoende bly effektiewe leer nie agterweё nie. Rooi en blou blokkies sorg vir die geluksfaktor – geleenthede vir weer speel en vorentoe skuif gee ‘n lekker hupstoot, terwyl gemiste beurte en ‘n paar blokkies se agteruit-boerdery die span lelik op hul neus kan laat kyk.

SKU: SKU236 Category:

R354.00

3 in stock (can be backordered)