Die Volgende Stop Bordspeletjie

Die Volgende Stop belowe om jou te laat lag wanneer jou spanmaat deur middel van stomstreke aan jou die woord verkleurmannetjie moet verduidelik, jy sal moet kopkrap wanneer ‘n vraag gestel word soos noem een van Suid-Afrika se agt diererekords; onthou jy en jou kinders nog ons gesegdes wat ons op skool geleer het? Soveel meer pret en feite is opgesluit in hierdie gesins-bordspeletjie wat beloof om hope pret vir die hele familie te verskaf.

Kom reis saam deur Suid-Afrika. Kry ‘n spanmaat en kies een van ses roetes om op te speel. Beweeg deur tien dorpe vanaf die beginpunt tot by die laaste dorp wat die einde is. Jy sal ‘n pitstop maak by minder bekende plekke soos Warrenton, Danielskuil, Ficksburg en Bethulie, maar jy sal ook stop by meer bekende plekke soos Durban, Kaapstad en Mosselbaai. Pasop, troefkaarte kan jou vir twee rondtes na SANPARKE se Krugerwildtuin stuur of jy kan ‘n pap wiel kry op pad na jou volgende dorp wat sal veroorsaak dat jy ‘n rondte moet uitsit. Moet nie dink jou reis gaan sonder uitdagings en terugslae wees nie. Kan jy binne 30 sekondes hierdie ontrafel: NBEDARRS of LTEROSPO of B_ _ u b _ _ s _ e? Fotos van bekende plekke en diere is ook ingesluit by die bordspel.

SKU: SKUDIEVOLGENDESTOP Category:

R280.00