Kaartjies Inheemse Voëls

Loretta Steyn was ‘n uiters begaafde professionele grafiese ontwerper en fotograaf woonagtig te Pretoria. Sy het op 4 Augustus 2013 in ‘n tragiese motorongeluk in die Noord-Kaap gesterf .

Behalwe vir haar besondere grafiese ontwerp van jaarblaaie vir die WNNR, Universiteit van Pretoria, Unisa, SanParke en ‘n groot aantal ander korporatiewe kliënte was Loretta ‘n bekroonde fotograaf met ‘n intense liefde vir die natuur. Baie van haar foto’s is in haar eie ontwerpwerk gebruik en sy het talle reise op onbegaanbare paaie onderneem om ‘n magdom fotos van diere en voëls bymekaar te maak. Haar eie tuin was ‘n lushof van plante en bome waarin verskeie voëlsoorte hulle neste gebou het. Hierdie mikrokosmos is deur haar fyn aanvoeling versorg, waargeneem en gefotografeer.

Die kaartjies is almal van inheemse voëlsoorte, en elke kaartjie het die storie van die spesifieke spesie agterop.

Die kaartjie is skoon aan die binnekant, en verkoop met ‘n koevert, saam verpak in plastieksakkie.

 

SKU: SKU255 Category:

R25.00