CD – Ruan Josh: Eggo

Die titelsnit, Eggo, maak van die eeu-oue liefdestema gebruik as ’n metafoor om ’n belangrike lewenswaarheid oor te dra waarvolgens ’n mens altyd dit wat jy uitdeel ook weer terug sal kry. Toevallig waarvan die melodie vir dae aaneen in jou kop sal bly vassteek, vertel hoe liefde wat onverwags tussen twee mense ontwikkel nietemin bedoel was om te wees. Die meesleurende ballade, Gisteraand beskryf hoe ’n persoon die vorige aand saam met sy/haar geliefde tot in al die fynste besonderhede herleef. Die twee duette saam met Franja, Ek wil lewe en Jy skuld my ‘n dans is albei gewaarborgde treffers in eie reg waarmee hulle ongetwyfeld hul aanhangers se harte gaan steel. Ander potensiële treffers sluit in Wees my een, Iewers het ek jou verloor, Dra jou in my hart, Loop soos Stroop, Boer maak ‘n plan en Steeds bymekaar. Ruan se vertolkings van Simon and Garfunkel se inspirerende treffer, Bridge over troubled water sowel as Matt en Beth Redman se gewilde aanbiddingslied, Never let go is beslis ook ‘n aangename verrassing.

Dié album spog met uiteenlopende klanke wat deur ‘n verskeidenheid instrumente, insluitende akoestiese-, elektriese- en baskitaar asook klavier, mandolien, banjo en papoose gegenereer word. Van ons land se top musikante soos Stass, Juan “Floors” Oosthuizen, Denny Laloulette en Matthys Maree was vir hierdie produksie verantwoordelik. Juanita, Franja, Stass, Nathan Winckler en Francois Lessing se uitmuntende verwerkings en programmering verseker verder dat die klank op hierdie album deurgaans van ‘n baie hoë kwaliteit is.

Eggo beloof om in egte Du Plessis-styl ‘n verfrissende kombinasie van pop- en country klanke aan luisteraars te bied. Alhoewel Ruan se musikale styl baie sterk aan die van sy ma herinner, slaag hy tog met sy rasperstem daarin om ‘n nuwe dimensie aan haar beproefde suksesresep te kan verleen. Sy betekenisvolle sowel as prettige lirieke op die maat van aansteeklike ritmes en melodieë sal beslis aanklank vind by enigeen wat al liefde gevind en ook weer verloor het.

SKU: SKU606 Category:

R120.00