CD – Liedjies en Rympies: Piet Smit

Piet Smit se openbare betrokkenheid in musiek het in die laat 70’s begin as agtergrondsanger in Pretoria se kroeë en restaurante. In 1989 kom hy tot bekering en begin hom toespits op die skryf- en uitvoering van geestelike liedere.

Sedert sy toetrede tot ‘n voltydse sangbediening in Mei 1994 het Piet al verskeie albums die lig laat sien – insluitend drie Nederlandstalige CDs. In Augustus 2016 het sy 34ste CD verskyn. Vyf van sy produksies het reeds goue status bereik. Sy tweede album ‘Heer U maak my nuut’ het in 1999 Platinum status bereik – ‘n prestasie wat nog deur geen ander oorspronklike, geestelike solo album in Suid Afrika nagedoen kon word nie.

Piet se bediening fokus op innerlike genesing en hy het ‘n passie vir stukkende mense wat uitgesak het in die lewe. Op die verhoog put hy uit sy eie persoonlike geestelike neerlae en oorwinnings en verweef dit, saam met sy liedjies, in ‘n storie waarmee die meeste luisteraars kan vereenselwig. Al sy liedere word gebore uit eie ervaring sowel as uit sy eie verhouding met die Here Jesus. Sy opregte begeerte is om sy talent uitsluitlik tot eer van God te gebruik.

SKU: SKU605 Category:

R100.00