CD – Franja du Plessis: My verhaal

Die titelsnit, “My verhaal” dien heel gepas as ‘n uitnodiging aan die luisteraar om Franja se lewensverhaal deur middel van al haar liedjies beter te kan leer ken. Die soet en die suur van verhoudings word albei binne die oorhoofse liefdestema van hierdie album aangespreek. “Stad van verlange” wat ongetwyfeld vir dae lank in jou kop sal bly vassteek, vertel die verhaal van onbeantwoorde liefde wat na afloop van baie jare weer herroep word. Die meesleurende ballade, “Regte een” vertel die verhaal van elke mens se soeke na ‘n lewensmaat en ‘n sielsgenoot waarmee almal sal kan identifiseer. “’n Beter Plek” hoop om vertroosting te bied almal wat al ooit ‘n geliefde aan die dood moes afstaan en om hulle te help om daarin berusting te vind. Ander potensiële treffers sluit in “Ek kan nie ophou kyk”, “Dra jou hart”, “Kom klim nou uit”, “My gunsteling” en “Mooier as ‘n mens”. Die album bevat verder ook die lied, “In twee geskeur” wat spesiaal deur Franja geskryf is vir die musiekrolprent, “As jy sing” waarin sy die rol van Marna de Jager vertolk het.

SKU: SKU602 Category:

R120.00