Troetelroom: Skurwejantjie

Troetelroom: Skurwejantjie

Normale prys R 165.00

Lucia van den Berg het as jong getroude vrou saam met haar man, Mossie van den Berg, Hervormde predikant, na Tanganyika (vandag Tanzanië) verhuis.  Dit was 1954. Hulle het aan die voet van die Mero berg gewoon en uitgekyk op die piek van Kilimanjaro in die verte.  Oupa Mossie het letterlik oor die Serengeti (wat natuurlik ongerepte Afrika in sy rouheid was, voor die res van die moderne wêreld daarvan geweet het) met sy bakkie en 'n drom brandstof gery om by boere huisbesoek af te lê. Ouma Lucia was beperk tot die plaaslike velsorg en medisinale produkte in Tanganyika en het 'n behoefte ontwikkel om self navorsing te doen en haar eie versorgingsprodukte te skep.  Op 'n besoek aan familie in Suid-Afrika, het sy ‘n vrou ontmoet wat haar bekend gestel het aan die wêreld van natuurlike olies en hul helende eienskappe en kort daarna het Ouma Lucia haar eerste Skurwejantjie geformuleer.  Skurwejantjie was 'n uitstekende boudsalf vir haar dogtertjies en het selfs klaargespeel met ekseem, psoriase en ander verwante velkondisies.Oor baie jare en met dekades se navorsing en die hulp van mediese dokters het Lucia van den Berg 'n velsorgreeks ontwikkel, spesiaal vir Afrika-omstandighede. Vier hoof velversorgings behoeftes is aanspreek. Skurwejantjie lyfroom vir droë vel, ekseem en brandboudjies. Sirkulasie vir stimulering van bloedsirkulasie, rumatiek, artritis en spierkrampe. Sproetjieroom vir voorkoming en behandeling van pigmentasie en allergieë. Gesig-en-nekroom vir vertraging van die vel se verouderingsproses.