‘n Entoesiastiese Pa

In die week kom hier ‘n pa ingestap. Hy dra ‘n oorpak en gee per selfoon instruksies vir werksmense en vir my gelyktydig. Duidelik ‘n man wat meer as een ding op ‘n slag kan doen. Hulle woon ver – meer as 100 km van hier af, en hy wil koop en klaar koop. Die mooi van die storie, is dat die pa vir twee graad vyf en een graad drie kind alles koop wat nodig is in die klerelyn. Maar dis nie al nie. Ook ‘n tou vir elkeen, ‘n kaartwerkboek en CD. Maar dit is net die begin. Hy bemagtig homself ook. Pa is hier weg met ‘n werks- en offisiere handleidingboek vanaf graad 1 tot graad 5. Pa se die kinders het eers vanjaar by die Voortrekkers begin, en hulle is nou agter…. en hy gaan hulle self leer – hulle moet inhaal wat hulle verloor het.;

Dit was vir my so mooi om hierdie Pa se entoesiasme te sien. Hoe hy sy drie kinders wil leer en bereid is om dit self te wil doen.
In die Voriemol word mens dikwels bemoedig. Ja, mense raak moedeloos oor wat in die land en in die wereld aangaan. Maar veel meer as negatiewe gesprekke, word ek gereeld bemoedig deur ouers en kinders wat blinkoog hier instap en nie kan wag vir die naweek se aktiwiteite of die volgende kamp nie.

Hier is hoop in die winkel.

Hier is ook hope ander geskenke. Kom loer gerus in en sien hoe besonders dit is.

Share your thoughts