Geskenke van die Huis af

Dit is verblydend om te sien dat die Voriemol stadig maar seker besig is om die rol van ‘n geskenkwinkel in die Moot in te neem.
Ons het natuurlik steeds die klere afdeling waar jaar in en jaar uit gholfhemde, erkenningsbaadjies, rompe, langbroeke, warm baadjies en kentekens gekoop word. Annatjie hanteer hierdie bestellings aanlyn, soos altyd, en dit word deesdae ook direk vanaf ons webblad www.voriemol.co.za bestel.

Wat egter die lekkerste is, is die nie-Vories wat gehoor het hier is ‘n winkel wat Afrikaanse en Afrikaner geskenke aanhou.
Die een vrou het ‘n vriendin gehad wat uit Australie uit by haar aan huis tuisgaan. Die vriendin se ma le op sterwe en sy gaan deur ‘n swaar tyd.
Sy is hier weg met ‘n voorskoot wat se “Ai Ai die Witborskraai” asook ‘n klein inkopiesak met Afrikaanse bewoording, en kaartjies – alles in Afrikaans.

Vroeer hierdie week was hier ‘n egpaar wat deur iemand hierheen gestuur is. Hul woon al 20 jaar in Holland, en kom kuier jaarliks in Suid-Afrika. Hulle is met ‘n hele sak geskenke hier weg! Alles in Afrikaans.

Hier waar ek by die lessenaar sit, sien ek: Hartjie my liefie T-hemp vir meisies.
Bobaas Kok voorskoot vir kinders.
‘n Groot sak met ‘n rooi Voortrekkermonument daarop.
“Die lewe is te kort vir slegte wyn” wynsak en
‘n Donkerblou kussingsloop wat lees “Boerseun”.

Man dis lekker!!

Sopas het hier ‘n vrou ingeloer wat vir haar man ‘n verjaarsdag geskenk gekoop het. Hy was jare lank ‘n Vorie, maar sy nie. Sy het ons op ons Facebook bladsy raakgesien. Sy is hier uit met ‘n sakvol.

Dus – kom draai by ons vir geskenke vir jou geliefdes. Ons geskenke is nie net uniek nie, maar ook regtig goed geprys.
Saterdae is hier koffie wat ons met graagte vir jou skink in ‘n blikbeker.

Dankie vir die ruim ondersteuning tot dusver. Hou asseblief aan om die woord te versprei.

Share your thoughts