Die man met die Tulband

Ons het onlangs ‘n veiligheidshek by die winkel gekry. Dit laat ons natuurlik veiliger voel, en ons dra eenvoudig die klokkie saam, so as ons elders in die winkel is, kan ons hoor as iemand by die deur is. Dit is gewoonlik maklik om te weet vir wie om oop te maak. As daar byvoorbeeld gesinnetjies kom wat Voortrekkerklere koop of dalk vriendinne wat geskenke soek. Maar hoe gemaak as ‘n man met ‘n tulbank op sy kop die klokkie lui?

Die dag was ek en Lidia albei hier, en Lidia het hoflik die man binne genooi. Hy wys toe ‘n kaart vir ons. So vierkantige een – “astrology, fortune telling, psychic readings”
Lidia antwoord “No thank you Sir, we are Christians”
Hy antwoord: “Why don’t you just try it?”

En toe is hy uit. Ons het gelag daaroor, want dit was nogal ‘n eerste. Maar ek wou nog vra: “Why don’t you just try Christianity?”
Maar dit sou dalk ‘n verkeerde opmerking wees? Die Here is nie iets wat mens probeer nie. Die Here kies jou, vat jou, roep jou, dop jou om en dan kan jy nie anders as om te glo nie.

My hart gaan uit na die man met die tulband wat astrologie probeer. Dalk het niemand nog Jesus aan hom voorgestel nie.
Toe besef ek – selfs die Voriemol is ‘n sendingveld.

Share your thoughts