Tel jou woorde is 'n unieke Afrikaanse weergawe van 'n bordspel vir oud en jonk. Met 117 teëltjies en 'n bord van 17 x 17 blokkies is elke spel anders en van vooraf 'n uitdaging. Die spel is ontwerp om 1 tot 6 spelers te akkommodeer. Ja - jy kan selfs net teen jouself speel! Elke speler kry 'n beurt om 'n woord te bou met die 7 teëls op sy rakkie. Hy/Sy probeer om soveel as moontlik punte bymekaar te maak deur die meeste te maak van die teëltjies en die ligging van die bonusblokkies op die bord.
Die speler met die meeste punte, kraai koning!