Boek - Die Boerevrou Gedenkboek

Boek - Die Boerevrou Gedenkboek

Gewone prys
R 125.00
Verkoopsprys
R 125.00
Gewone prys
Uitverkoop
Eenheidsprys
per 
Belasting is ingesluit

Die Boerevrou was die eerste Afrikaanse vrouetydskrif. Dit is van Maart 1919 tot Desember 1931 in Pretoria onder die redakteurskap van die eienares, Mabel Malherbe, uitgegee. Die tydskrif was baie gewild onder haar lesers en is dwarsoor Suid-Afrika gelees, en is selfs ook ver buite die land se grense versprei. Vandag kan Die Boerevrou bestempel word as ‘n ryk skat van inligting oor die Afrikanervrou en haar leefwyse in die vroeë 20ste eeu.

Dit is 'n tydskrif-boek, 'n geskiedenisboek met die gevoel van 'n moderne tydskrif, omdat dit nie net die eerste Afrikaanse vrouetydskrif herdenk nie, maar ook die ontwikkeling van die vrouetydskrifwese in die algemeen. Dit vertel vandag, na 100 jaar, die aangrypende verhaal van hoe die vrouens van 'n volk opgestaan het na 'n verpletterende oorlog en deur 'n tydskrif, gewy aan hul belange in hul eie taal, in aanraking met die buitewêreld gebring is. Met die Gedenkboek neem Van Rensburg die leser op 'n reis deur die huise en harte van ons Afrikaanse oumagrootjies, wat self nie meer hier is om hulle eie storie te vertel nie.

Afrikaans